Sarasene

’n Duitse houtsnee uit die laat 15de eeu wat Sarasene uitbeeld.

Sarasene is ’n naam wat Christelike skrywers in die Middeleeue gebruik het vir hoofsaaklik Arabiese Moslems, maar ook Turke of ander Moslems.

Die betekenis van die term het deur die geskiedenis verander. In die vroeë eeue van die Christelike tydperk het Griekse en Latynse skrywers die term gebruik om te verwys na die mense wat in die woestyngebiede in en naby die Romeinse provinsie Arabia Petraea gewoon het, asook in die woestyngebied van die Arabiese Skiereiland.[1][2][3] In die Middeleeue is die term in Europa vereenselwig met die stamme van Arabië.[4] Die oudste bekende bron wat "Sarasene" noem in verband met Islam dateer van die 7de eeu. Dit is gevind in Doctrina Jacobi, ’n kommentaarstuk oor verowerings deur Moslems in die Levant.[5]

Teen die 12de eeu het die term in Latynse geskrifte sinoniem met "Moslem" geword. So ’n uitbreiding van die betekenis van die term het eeue vroeër reeds begin onder die Bisantynse Grieke, soos gesien kan word in dokumente van die 8ste eeu.[1][6][7] Tot met die 16de eeu is "Sarasene" in Westerse tale algemeen gebruik om na Moslemse Arabiere te verwys; die terme "Moslem" en "Islam" is nie eintlik gebruik nie, met enkele uitsonderings na.[8] Die term het geleidelik in onbruik verval ná die ontdekkingseeu.

  1. 1,0 1,1 Daniel 1979, p. 53.
  2. Retsö 2003, p. 505.
  3. Retsö 2003, p. 506.
  4. Redakteurs van Encyclopaedia Britannica (2012). "Saracen". Britannica Concise Encyclopedia. Cambridge University Press.  Geargiveer 18 Desember 2007 op Wayback Machine
  5. Déroche, Vincent; Dagron, Gilbert (1991). Doctrina Jacobi nuper Baptizati, "Juifs et chrétiens dans l'Orient du VIIe siècle" (Griekse teks met Franse vertaling uitg.). pp. 17–248.; Kirby, Peter. "External references to Islam". External References to Islam. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 April 2006. Besoek op 7 Junie 2021.
  6. Kahf 1999, p. 181.
  7. Retsö 2003, p. 96.
  8. Tolan, John V. (6 Julie 2002). Saracens: Islam in the Medieval European Imagination. Columbia University Press. p. 15. ISBN 978-0-231-50646-5.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search